Die doel van hierdie dissipelskapreeks is om aan elke gewillige persoon die geleentheid te bied om geestelik te groei, deur:
In Matt 6:33 sê Jesus dat almal van ons God se koninkryk eerste en bo alles in ons alledaagse lewe behoort te stel. Dan maak Hy die belofte dat elkeen wat dit doen die seën van God in hulle alle daagse lewe sal ervaar.
As ons God voor alles in ons lewe stel, sal ons nie nodig hê om ons te bekommer oor "wat ons sal eet" of "wat ons sal aantrek nie", omdat God reeds bewus is van al ons daaglikse behoeftes (verse 24,25).
"Herbou Sy Huis" verteenwoordig 'n PROSES wat ons kerklidmate kan help op hulle reis tot geestelike volwassenheid. Wanneer ons Jesus se gelykenis in Mark 4:26-29 lees, vind ons dat die NATUURLIKE PROSES van GROEI, altyd spontaan plaasvind. Die natuurlike lewe sluit altyd die proses van groei in.
Dit word bevestig in 1Joh 2:13: "Ek skryf aan julle, VADERS, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, JONGMANNE, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, KINDERS, omdat julle die Vader ken.
In Mark 4:26-29 staan:
"En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer 'n mens die saad in die grond gooi; en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie. Want van-self bring die aarde vrug voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die volle koring in die aar. En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is".
Hier vergelyk Jesus Sy Koninkryk met 'n saad en gee Hy aan ons die versekering dat elkeen wat daarna strewe om toe te tree tot 'n koninkryksleefwyse, altyd 'n oorvloedige GEESTELIKE VRUG sal oplewer.
Uit Sy woorde verstaan ons ook dat die groei-potensiaal van die saad, in die saad self verteenwoordig is en die saad inherent die vermoë besit om 'n oes op te lewer. Verder sien ons dat die ontkieming en die groei van die saad afhang van eksterne faktore waarin die saad moet ontkiem en ontwikkel. Die omgewingstoestande speel dus 'n belangrike rol in die groeiproses van die saad. By implikasie beteken dit dat ons, alleenlik ons geestelike potensiaal sal kan bereik as ons hart (grondkondisie), reg voorberei is, en die GESKIKTE GROEI-FAKTORE, waarin die saad moet ontwikkel teenwoordig is.
In die natuur kan geen saad sy volle oes oplewer indien die grondtoestande droog en arm in voeding-stowwe is nie. Wanneer hierdie faktore egter optimaal in plek is, sal die saad "vanself" (spontaan) groei, "hoe weet ons nie", om 'n dertig, sestig of 'n honderd voudige oes op te lewer. Om hierdie doel te bereik het ons 'n KONINKRYKSPROSES ontwikkel waaraan
ons so veel as moontlik GEMEENTELEDE wil blootstel sodat hulle Jesus kan KEN, die Heilige Gees kan BELEEF en sy liefde kan UITLEEF.
Ons vergelyk hierdie proses met die konstruksieproses van 'n gebou, omdat die Bybel op verskeie plekke 'n vergelyking tref tussen ons geestelike lewe en dié van 'n gebou.
In Judas, vers 20 vind ons die volgende opdrag: "Maar julle, geliefdes (medegelowiges) MOET julleself OPBOU in jul allerheiligste geloof, en in die Heilige Gees bid". In 1 Kor. 3:9 sê Paulus dat ons God se akker en God se gebou is, en almal van ons geroep is as "medewerkers" in Sy Koninkryk.
In 1 Pet. 2:5 rig Petrus 'n pleidooi tot elke wedergebore kind van God waarin hy ons beveel: "en laat julle ook soos lew-ende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus" Uit Petrus se woorde hier verstaan ons dat elkeen van ons SELF verantwoordelik is vir die opbouing van ons eie geloofslewe. God soek 'n geestelike huis en 'n koninklike priesterdom wat afgesonderd en heilig in hierdie teenswoordige wêreld leef.
Hierdie is nie 'n nuwe gedagte of konsep nie, maar 'n weerspieëling van God se begeerte om ons Sy tempel te maak, waarin Hy met Sy Heilige Gees kan woon. In 1Kor.3:16 vra
Paulus die volgende vraag: "Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?" Ons moet dus ons lewe so inrig dat ons die PLEK/tempel kan word waar God wil woon.
In Joh 7:39 sien ons dat die Heilige Gees in die Ou Testament nie uitgestort was op alle gelowiges nie, maar dat God slegs Sy Gees op individue uitgestort het waar dit nodig was: "En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie." Vir hierdie rede beveel God Moses in Eks 25:8,9 om vir Hom 'n tabernakel te bou, sodat Hy in die midde van die volk kon woon: "Ook moet hulle vir My 'n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon. Volgens alles wat Ek jou laat sien—die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort—so moet julle dit maak". Eeue later word dit vervang met die bou van die tempel. In 2 Kron 6:2 sê Salomo die volgende woorde by die inwyding van die tempel: "Maar ék het vir U 'n woonhuis gebou, en 'n vaste plek vir U om ewig in te bly". Tog word hierdie tempel vernietig gedurende Israel se ballingskap en vir 70 jaar is Jerusalem en die tempel totaal verwoes.
Geen handgemaakte gebou kan God se volheid bevat nie. Voor Christus se offer op Golgota vir elkeen van ons se sonde,
kon God se Gees nie weer na Adam se sondeval terugkeer na die mens nie omdat almal van ons in sonde ontvang en gebore is. In Hand 7:48-50 roep Stefanus, die eerste martelaar vir Christus uit:
"En Salomo het 'n huis vir Hom gebou. Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet sê: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus? Het my hand nie al hierdie dinge gemaak nie?"
Die enigste manier hoe God na die sondeval naby Sy kinders kon wees, was om Sy heerlikheid agter 'n voorhangsel in die tabernakel en later in die tempel te verberg, want Hy sê aan Moses in Eks 33:20 - "Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie".
Maar in Christus is hierdie voorhangsel weggeneem, omdat Hy deur Sy offer op Golgota die volle borgskap betaal het, vir elke mens se sonde. In Efe 2:14-18 lees ons:
"Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in instellinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evan-gelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader".
Deur hierdie offer en liefdesaksie van Jesus is ons met God versoen, en is ons die akker van God maar het ons ook die gebou van God geword.
In 1Kor.3:10 gee Paulus vir ons die vertrekpunt van hierdie bouprojek:
"volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou".
In enige bouprojek is die kwaliteit van die fondasie van die uiterste belang. Vir Jesus is dit so belangrik dat Hy 'n gelykenis daaroor vertel. In Luk. 6:47, 48 sê Hy:
"Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen, Ek sal julle wys soos wie hy is. Hy is soos 'n man wat 'n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fon-dament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.
Die sterkte van die fondasie sal die sterkte en langdurigheid van die gebou bepaal.
Maar voordat ons met die fondasie kan begin, moet ons eers
Die Ses Pilare van Christenskap
Geskryf Deur:
Henry Nel
Thyme Laan 120,
Annlin, Pretoria
0182
Tel: 0829318143
E Pos: henrynel001@gmail.com
Kopiereg Voorbehou
2024