Geen bouprojek kan afskop voor 'n behoorlike inspeksie op die bouterrein gedoen is nie. Voordat enige planne opgetrek kan word en die konstruksiewerk enigsins kan begin, moet die argitek en die grondejenaar hulself vergewis van die volle omvang van die terrein waarop die gebou gebouwd moet word. Die grenslyne, helling van die terrein, serwitute, die grondtipe en vele ander aspekte moet eers in konsiderasie geneem word, voordat die meesterplan opgetrek en daar met die grondwerke begin kan word.
Daarna moet die boukontrakteur homself vergewis van die goedgekeurde bouplan sodat hy insig kan hê in die tegniese, estetiese en ander aspekte van die beoogde konstruksie. As die Bybel die kerk vergelyk met 'n gebouw/tempel wat opgerig moet word tot eer van God, moet ons 'n duidelike oorsig hê van die geheelprent/hooflyn van die Bybel en wat God se doel met die skepping is.
Gen. 1:1 begin met hierdie onbetwisbare feit: "In die BEGIN het God die hemel en die aarde geskape." Hieruit sien ons dat God voor alles reeds daar was en dat Hy as God en Eienaar oor 'n hemelse sfeer regeer, waar engele Hom dien en voortdurend aanbid. Reg van die begin af leer ons God ken as die Een uit wie en tot wie en deur wie alles ontstaan het. Hierdie stelling verklaar dat God nie 'n produk van tyd is nie, maar die oorsaak is daarvan.
Ps 90:2 verklaar: "Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God." Hierdie vers beklemtoon God se ewige bestaan - Hy het geen begin en geen einde nie. In Jes. 46:9-11 lig die Bybel nog drie belangrike feite uit oor God: "Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen; wat 'n roofvoël roep uit die Ooste, die man van my raad uit 'n ver land; soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen":
Nadat God, met slegs een sin Sy ewige bestaan verklaar het, gaan die Bybel voort met die verhaal van die skepping van 'n fisiese wêreld wat as omgewing sou dien vir die vervulling van 'n bepaalde doel. En omdat God alwetend is, skape Hy die aarde en alles wat daarop is met die einddoel reeds in gedagte.
By implikasie beteken dit, dat God van dag een af 'n spesifieke plan met die skepping gehad het en reeds so vroeg as die eerste hoofstuk van die Bybel, hierdie plan aan ons bekend maak. Wat ons egter moet verstaan, is die feit dat God dit wat Hy van die begin af beplan het, verseker sal uitvoer, ongeag die verloop van tyd of die toestand waarin die wêreld verkeer. In Spr. 19:21 staan: "Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad (wil 'purpose') van die HERE, dié sal bestaan".
Ons het reeds gesien dat die profeet Jesaja in Jes. 46: 9-11 verklaar dat daar niemand soos God is nie en dat God profeties die toekoms van de begin af aan ons bekend maak. Die "b" deel van vers 11 sê dat God dit alles "voorberei het" en dat Hy dit gaan uitvoer. Hier verklaar die Bybel dat God Sy doel met die mens en alles op aarde sal deurvoer en dat God nie 'n mens is dat Hy sou lieg nie (Num. 23:19).
Ons vind hierdie RAADSBESLUIT van God t.o.v. die aarde in Gen. 1:26,27: "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons Beeld, na Ons Gelykenis, en LAAT HULLE HEERS oor:
a- Die visse van die see (waterruim)
b- Die voëls van die hemel (lugruim)
c- Die HELE AARDE (grond en alles daarin) en oor
d- Al die diere wat op die aarde kruip (lewende wesens - LET OP!!! - mense uitgesluit)
En God het die mens geskape na Sy Beeld, man en vrou het Hy hulle geskape."
Met die woord "HEERS" het God letterlik bedoel dat die mens die koning van de aarde moes wees. Die King James vertaal hierdie vers as volg: "Let them have DOMINION", wat onomwonde op 'n koninklike heerskappy dui. Dit is dus duidelik dat God van die begin af beplan het om Sy HEMELSE KONINKRYK/DOMEIN na die aarde uit te brei. God wou Sy HEMELSE koninkryk in 'n FISIESE wêreld vestig en dit was SY PLAN dat die mens hierdie taak moes uitvoer.
Hierdie gedagte word bevestig deur God se woorde aan Moses in Exo. 19:5,6: "As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle My eiendom wees, want die hele aarde is Myne. En julle sal vir My 'n KONINKRYK van priesters en 'n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel." God wou van die begin af Sy hemelse koninkryk op die aarde dupliseer en dit is ook die rede waarom Jesus in Sy lering oor gebed in Luk. 11:2 aan ons die opdrag gee om te bid dat God Sy koninkryk op aarde sal laat kom, SOOS DIT IN DIE HEMEL IS.
In Psalm 115:16 sê die Psalmdigter: "Die hemele is hemele vir die Here, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee." As ons vorige skrif verklaar dat die hele aarde God s'n is en Hy hier verklaar dat Hy die aarde aan die mensekinders gegee het moet ons verstaan dat God die bestuur van die aarde aan die mens gedelegeer het. Hieruit verstaan ons dat dat die mens nie vir die aarde gemaak is nie, maar die aarde vir die mens. Voor die aarde was, was die mens reeds in God se gedagte en het God besluit om vir Homself 'n menslike geslag te skep, waardeur Hy Sy wil op die aarde kon bereik.
Mal. 2:15 bevestig hierdie gedagte: "Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het 'n geslag van God gesoek..." As God dan KONING is en ons Sy kinders, dan is dit voor-die-hand-liggend dat ons 'n KONINKLIKE GESLAG is. Dit is hoekom Petrus ons dan ook so noem: 1 Pet. 2:9 - "Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk...".
Ons het reeds gesien wat God se plan met die skepping van Adam en Eva was. Die volgende vraag wat ons moet beantwoord is: Hoe wou God hierdie plan t.o.v. die vestiging van Sy Koninkryk deurvooer? Die antwoord op hierdie vraag vind ons weerens in Gen. 1:26 "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons Beeld, na Ons Gelykenis, en LAAT HULLE HEERS ..."
Met die woorde, "Laat hulle heers", is dit duidelik dat God Sy gesag afgewentel het na Adam en Eva. Dit is belangrik om daarop te let, dat God nie gesê het: "Laat ONS heers nie; maar laat HULLE heers." Dit beteken dat God Homself en ENIGE ANDER SKEPPINGS-KREATUUR UITSLUIT in hierdie taak/opdrag omdat Hy Sy gesag afgewentel het na die PERFEKTE mens wat na Sy BEELD van heiligheid en geregtigheid geskape is.
Die implikasie hiervan is as volg:
In opsomming beteken dit: Dat NIKS op hierdie aarde ooit sal gebeur sonder die aktiewe of passiewe toestemming van 'n mens, wie die wettige outoriteit op aarde is nie. Met passiewe toestemming word bedoel dat die mens, terwyl hy weet wat God se orde is, swyg wanneer dinge verkeerd loop en buite God se wil plaasvind. Adam het God se opdrag geken, maar hy abdikeer/vermy sy verantwoordelikheid t.o.v. God se opdrag aan hom en ignoreer Satan se aanslag teen Eva.
Hierdie woorde in Gen. 1:26 sal vir ewig vasstaan, omdat God se woord nie net vir ons 'n wet is nie; maar God Homself ook aan Sy eie woord onderwerp. Dit word bevestig in Ps. 119:89: "Vir ewig, o Here, staan U woord vas in die hemel." Verder verklaar Ps. 138:2: " I will bow down toward Your holy temple and I will praise Your Name for Your love and Your faithfulness, for You have exalted your Name above all things and Your Word above Your Name"(King James vertaling). Met hierdie woorde verklaar God dat Sy woord verhewe is bo alles. God sal dus niks doen wat teen Sy eie woord is nie.
En vir hierdie rede vind ons dwarsdeur die Bybel dat God altyd deur 'n mens of in samewerking met 'n mens sal werk om Sy wil op aarde deur te voer. Daarom sê Amos 3:7: "Want die Here doen NIKS tensy Hy Sy raadsbesluit aan Sy knegte, die profete, geopenbaar het nie."
So is daar baie ander voorbeelde waarvan die uitvoering van die belofte in Gen. 3:15 seker die belangrikste is, omdat dit die eerste amptelike verwysing is wat verklaar dat daar 'n VERLOSSER-SEUN deur 'n natuurlike geboorte sou kom wat die sonde en die dood sou oorwin.
God moes dus deur geboorte 'n tweede ADAM in die wêreld inbring om in dieselfde gestalte as die eeerste ADAM, Sy doel tot heerskappy oor die aarde te vervul. As die Bybel verklaar dat Jesus Emmanuel (GOD MET ONS) is, beteken dit dat God vir Homself 'n menslike liggaam moes voorberei wat sonder sonde en ongeregtigheid sou wees waardeur Hy hierdie doel moes vervul. Die toedoen van 'n natuurlike gevalle man, kon nie vir hierdie doel gebruik geword nie, omdat alle mense gesondig het en dit ons aan God se heerlikheid ontbreek. God moes self, deur die krag van Sy Heilige Gees hierdie Verlosser-Seun deur 'n vrou bewerkstellig. Daarom gebruik Hy die bonatuurlike wonderwerk van 'n geboorte deur 'n maagd.
Jesus se bediening word gekenmerk deur SY GESAG OOR SATAN, omdat Adam juis sy gesag tot heerskappy verloor het toe hy homself aan Satan onderwerp het met die sondeval. Daarom is daar steeds vandag in elke mens op aarde se diepste menswees die begeerte om heerskappy te voer oor die werke van God se hande. Om te heers is 'n inherente deel van die mens se samestelling, omdat God ons gemaak het om Sy hemelse koninkryk op 'n fisiese aarde te vestig. Dit is geen wonder dat Jesus vir Petrus in Matt. 16:19 sê: "En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee; en wat jy op die aarde bind sal in die hemel gebonde wees, en wat jy op die aarde mag ontbind, sal in die Hemel ontbonde wees".
Toe Adam sy heerskappy aan Satan oorgegee het, het Hy nie net teenoor God gesondig nie, maar het hy die hele koninkryk wat God onder sy gesag toevertrou het, aan God se vyand uitverkoop. In enige vorm van regeringskap noem ons dit hoogverraad en is so 'n oortreding strafbaar met die doodstraf. Geen koninkryk of regering sal 'n persoon langer in hulle diens vertrou as daar hoogverraad gepleeg is nie. Die uiteinde van so oortreding, is 'n gebroke vertrouensverhouding tussen die twee partye. God het geen keuse gehad as om Adam en Eva uit Sy teenwoordigheid weg te stuur nie en so het God se waarskuwing t.o.v. die ewige dood vir hulle in werking getree.
Satan het nie net die mens beroof van sy ewige lewe nie, maar hy het ONS ADAMIESE GESAG gesteel en so die PRINS van hierdie wêreld geword. Let op die feit dat Satan geen impak op die wêreld sou gemaak het, sonder die toestemming van die mens nie. Hy uitoorlê vir Adam deurdat hy Eva op 'n subtiele manier kon oorreed om Adam te oorreed. Niks gebeur met Eva toe sy van die vrugte eet nie, dit was eers nadat Adam van die vrug geëet het dat "albei se oë" oopgegaan en besef het dat hulle naak voor God staan (Gen. 3:4-7).
Vir hierdie rede noem Jesus die duiwel 'n "dief en 'n mense moordenaar" (Joh. 10:10). God kon Satan met die asem van Sy mond uitgedelg het, maar omdat God vir Adam "GESÊ" het om te heers en God nie teen Sy eie woord kan gaan nie, moes God 'n TWEEDE ADAM, naamlik Jesus Christus in die vlees laat kom om Satan deur die vlees te oorwin. Dit is hoekom God alleenlik deur Jesus Christus die wêreld met Homself kon versoen. Daarom staan in Kol. 1:16: "Want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape."
In Joh. 12:31 verklaar Jesus self net voor Sy kruisiging: - "Nou is die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word." Met Sy kruisiging en opstanding uit die dode het Jesus nie net ons sondes vir ons weggeneem nie; maar Hy het die mens weer met God versoen en aan elke mens, wat in Hom glo, die geleentheid gegee om hierdie verborge koninkryk op aarde te vind.
Dit is waarom die duiwels vir Hom gesidder het. Hy het nie net die outoriteit t.o.v. Sy Goddelikheid uitgeoefen nie; maar Hy neem die gesag terug as "'n mens" en herstel dit wat Adam in Eden verloor het. Dit is hoekom Jesus in Matt. 28:18 sê: "Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde." Dit is g'n wonder dat Satan tydens de versoeking van Jesus alles in sy vermoê probeer het om Jesus van Sy gesag te beroof nie.
In Luk. 4:6 sê hy vir Jesus: " Ek sal U al hierdie MAG gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my OORGEGE (Adam), en ek gee dit aan wie ek wil." Die feit dat ons as mens steeds vandag in baie aspekte van ons lewe onderdruk word; is omdat ons nie ons erfenis verstaan nie. In 2 Kor. 4:3,4 staan: "Maar as ons evangelie (goeie nuus) dan nog bedek (verborge) is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowige in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie (goeie boodskap van Jesus se oorwinning) van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie."
Satan sal alles in sy vermoë doen om ons te oortuig dat hy nog in beheer is. Dit is duidelik dat die mate waarmee hy nog oor ons heers, afhang van die mate waarmee ons hom toelaat om oor ons te heers. In Christus is hy 'n verslane vyand wat onder ons voetsole behoort te wees. Die evangelie van die Koninkryk van God behels die GOEIE NUUS dat Jesus ons gesag tot heerskappy deur Sy dood en opstanding uit die dood, volkome herstel het.
Dit is vandag ons keuse of ons in Adam se nederlaag-toestand wil bly en of ons DEUR GELOOF IN JESUS ons regmatige plek as heersers van die aarde gaan inneem onder die krag en gesag van Jesus Christus.
a. Voor alles was, is God. Hy ken die einde reeds aan die begin en het 'n plan met die skepping van die aarde.
b. God maak die mens na Sy Beeld en gelykenis, en gee aan hom die opdrag om oor die hele aarde as koning en priester te heers.
c. Satan en sy demone is gevalle engele, wat uit die hemel uitgegooi is en kragteloos teen die aarde neergeslaan is. Hy ontmoet vir Eva in die tuin van Eden en gebruik sy kans om deur versoeking en misleading Adam se gesag as heerser/koning van de aarde te bekom.
d. Adam se ongehoorsaamheid teenoor God en sy passiewiteit t.o.v. sy koningskap, kos hom sy heerskappy asook sy ewige lewe. Die grootste verlies wat hy ervaar is die verlies van God se persoonlike teenwoordigheid. Sy sonde dryf hom en Eva voor God se aangesig weg en so word die persoonlike verhouding tussen Adam en God vertroebel.
e. Nadat God Adam en Eva geldee het, maak God die belofte aan die mens dat daar 'n VERLOSSER-SEUN gebore word wat Satan se kop sal vermorsel, alhoewel hy die Verlosser aan die hakskeen sal byt.
f. Hierdie Verlosser-Seun sal kom in die Beeld van God wat ook voor die sondeval aan Adam behoort het. By die sondeval het die vlees van die mens korrup geword. Die Gees-mens verander in 'n vlees-mens, wat hom diskwalifiseer om vader van hierdie Verlosser-Seun te word. Die enigste manier hoe God hierdie belofte kon vervul was om 'n tweede ADAM in die wéreld in te bring deur 'n Geestelike Geboorte. So het Hy vir homself 'n tweede Adam voorberei deurdat die Heilige Gees die maagd Maria oorskadu het om 'n sondelose mens in die wêreld in te bring. Dit is waarom God aan Josef en Maria sê dat hulle HOM Emmanuel moet noem, wat as dit vertaal word beteken - GOD MET ONS!
g. Niemand op aarde kan hierdie rol vervul behalwe Jesus nie, omdat dit God in Christus is wat die wêreld met HOMSELF kom versoen het.
h. Christus oorwin die duiwel, en neem die sleutels van die aardse HEERSKAPPY terug uit die hand van die duiwel en heers oor Satan en die dood. Hy dryf die duiwels uit en genees die siekes en bevry elke mens wat deur sonde gebind is. Op hierdie manier herstel Jesus ons verhouding met God en breek hy die bande van sonde wat ons van God vervyder het. Na hierdie versoeningswerk, keer God se Gees terug na elke mens wat glo dat Jesus die Verlosser en Middelaar is. So ontvang ons weer die Heilige Geeskrag waarmee God ons uitstuur om Sy koninkryk op aarde uit te bou.